Nooddienste bewys hul is slaggereed vir Paasnaweek

Die stad se nooddienste se gereedheid en reaksietyd in aanloop tot Paastyd is vandag (Donderdag) tydens ‘n nagebootsde ongeluk op die R71 buite Polokwane getoets. Volgens verskeie rolspelers wat op die toneel teenwoordig was, is alle betrokke nooddienste gereed vir die Paasseisoen wat voorlê. Hul was almal beïndruk met die reaksietyd en optrede van die …

Die stad se nooddienste se gereedheid en reaksietyd in aanloop tot Paastyd is vandag (Donderdag) tydens ‘n nagebootsde ongeluk op die R71 buite Polokwane getoets.
Volgens verskeie rolspelers wat op die toneel teenwoordig was, is alle betrokke nooddienste gereed vir die Paasseisoen wat voorlê. Hul was almal beïndruk met die reaksietyd en optrede van die verskeie spanne nooddienswerkers.
Verskeie privaatambulansdienste, die polisie, nasionale en plaaslike verkeersdepartemente asook plaaslike brandbestryders was op die toneel.
Die noodoproep is om 09:45 uitgestuur en die eerste nooddiensvoertuig van ‘n bekende maatskappy was teen 09:51 op die toneel, gevolg deur ander privaatambulansdienste wat teen 10:00 opgedaag het.
Verkeersbeamptes, die polisie en brandweer was teen 10:21 almal op die ongelukstoneel ontplooi.

Storie & foto: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za

Exit mobile version