Flink reaksie van polisie lei tot arrestasie van beweerde transitorowers

Minute na ‘n beweerde transitorooftog vanoggend (Donderdag) ongeveer 7 km buite die stad op die Matlalapad, is ten minste drie verdagtes in verband met die voorval by ‘n vulstasie op die Lebowakgomopad aangekeer. Die Matlalapad is gesluit terwyl polisie op die toneel met hul ondersoek besig was. ‘n Taakspan het vinnig ‘n soektog na die …

Minute na ‘n beweerde transitorooftog vanoggend (Donderdag) ongeveer 7 km buite die stad op die Matlalapad, is ten minste drie verdagtes in verband met die voorval by ‘n vulstasie op die Lebowakgomopad aangekeer. Die Matlalapad is gesluit terwyl polisie op die toneel met hul ondersoek besig was. ‘n Taakspan het vinnig ‘n soektog na die verdagte voertuie geloods waarna die verdagtes op die Lebowakgomopad opgespoor en aangekeer is. Volgens inligting is drie mans gearresteer. Die polisie was omstreeks 10:00 steeds op die toneel waar ‘n Volkswagen Polo en Golf deursoek is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Polisie deursoek ‘n Volkswagen Golf op die toneel waar drie verdagtes gearresteer is.
‘n Verkeersbeampte het die Matlalapad gesluit terwyl polisie met die ondersoek besig was.
Exit mobile version