Wiers se begrafnis Dinsdag, groep beoog betoging by hof

‘n Roudiens vir die vermoorde Tanya Wiers word Dinsdag om 11:00 vanuit die AGS Taberna Dei Moederkampus op die hoek van Jorissen- en Websterstraat gehou. Frans Maela (25) wat dieselfde dag as wat die bloedbad plaasgevind het in hegtenis geneem is, het gister (Donderdag) vlugtig in die Polokwane landdroshof verskyn en sal waarskynlik met sy …

‘n Roudiens vir die vermoorde Tanya Wiers word Dinsdag om 11:00 vanuit die AGS Taberna Dei Moederkampus op die hoek van Jorissen- en Websterstraat gehou.
Frans Maela (25) wat dieselfde dag as wat die bloedbad plaasgevind het in hegtenis geneem is, het gister (Donderdag) vlugtig in die Polokwane landdroshof verskyn en sal waarskynlik met sy volgende verskyning op 16 Februarie vir borgtog aansoek doen. Hy het ten tye van die wreedaardige moord by ‘n buurman as tuinier gewerk en bly in Ga-Mamadi, Senwabarwana sowat 80 km buite Polokwane.
Intussen is ‘n groep, Justice for Tanya Wiers op facebook gestig om die gemeenskap te motiveer om Donderdag voor die plaaslike hof teen Maela se borgaansoek te betoog.
Wiers is Dinsdag met haar aankoms by haar huis oorval en vermoor terwyl sy kruideniersware weggepak het wat sy vroeër die dag gekoop het. Haar tienerseun, Rolf jr het na skool op haar bebloede naak liggaam afgekom.
Rolf, Wiers se man was in Klerksdorp vir werkverpligtinge. Die gesin het nog twee kinders, Karla (13) en Bianca (17).

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Exit mobile version