Vier dood, vyf beseer in ongeluk

Die R71 net voor Haenertsburg was gisteraand (Maandag) gesluit weens ‘n ongeluk waarin vier mense dood en vyf beseer is. ‘n Ligte vragmotor en Datsun bakkie was betrokke. Volgens ‘n nooddienswerker op die toneel het die ongeluk omstreeks 18:00 gebeur en die pad is eers 19:30 weer vir verkeer oopgestel. “Die oorsaak van die ongeluk …

Die R71 net voor Haenertsburg was gisteraand (Maandag) gesluit weens ‘n ongeluk waarin vier mense dood en vyf beseer is.

‘n Ligte vragmotor en Datsun bakkie was betrokke.

Volgens ‘n nooddienswerker op die toneel het die ongeluk omstreeks 18:00 gebeur en die pad is eers 19:30 weer vir verkeer oopgestel. “Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, maar bewerings is op die toneel gemaak dat een van die bestuurders ‘n ander voertuig probeer verbysteek het toe die ongeluk gebeur het,” sê hy.

Twee van die beseerdes is glo ernstig beseer terwyl die ander net geringe beserings opgedoen het.

 

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button