Bejaarde in sekuriteitskompleks vermoor, niks word vermis

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat verantwoordelik is vir die moord op ‘n bejaarde vrou in Golfpark, Mookgophong wie se lyk laat Vrydagmiddag deur haar buurman gevind is. Die provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo sê Pats Truter, wat alleen gewoon het en in Junie haar 80ste verjaarsdag sou vier, is …

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat verantwoordelik is vir die moord op ‘n bejaarde vrou in Golfpark, Mookgophong wie se lyk laat Vrydagmiddag deur haar buurman gevind is.
Die provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo sê Pats Truter, wat alleen gewoon het en in Junie haar 80ste verjaarsdag sou vier, is Donderdag omstreeks 10:00 vir die laaste keer gesien. “Die oorledene se bure het bekommerd geraak en ondersoek ingestel waarna haar lyk in haar motorhuis gevind het. Haar gesig is met handdoeke en die res van haar liggaam met ‘n mat toegegooi. ‘n Voorlopige ondersoek toon dat sy vermoedelik verwurg is,” sê Mojapelo.
Hy sê daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie en die motief vir die moord is onbekend.
Enigiemand met inligting kan die polisie se noodnommer 08600 10111 skakel.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button