Eagar Aquatics lewer topswemmers vir 16 jaar

Een van die provinsie se grootste swemklubs, Eagar Aquatics se jaarlikse prysuitdeling het Saterdag net weer bewys dat die klub op dekades van uitblinkers voortbou en een van dié gerekendste klubs in die land is. “Vanjaar is die 16de agtereenvolgende jaar wat Eagar Aqua­tics ‘n internasionale swemmer opgelewer het en sedert die klub se stigting …

Een van die provinsie se grootste swemklubs, Eagar Aquatics se jaarlikse prysuitdeling het Saterdag net weer bewys dat die klub op dekades van uitblinkers voortbou en een van dié gerekendste klubs in die land is.
“Vanjaar is die 16de agtereenvolgende jaar wat Eagar Aqua­tics ‘n internasionale swemmer opgelewer het en sedert die klub se stigting in 1938 was ons nog elke jaar onder die top 20 klubs in Suid-Afrika,” sê hoofafrigter, Douggie Eagar.
Die oorspronklike klub, Pie­tersburg Amateur Swimming and Life Saving Club met slegs 13 lede is grootliks as lewensreddingklub bedryf tot en met die 1970’s toe die klub toenemend op swem begin fokus het.
Die klub het tydens die afgelope seisoen meer as 30 medaljes op senior nasionale vlak verwerf.
“Die medaljes op provinsiale vlak of wat tydens ander kompetisies gewen is, is te veel om te onthou of op te noem. Elke lid bring sy kant tydens kompetisies om tot die medalje-oes by te dra,” sê Eagar.
“Die struktuur van die klub het baie verander en daar is tans sowat 352 lede. Ons het altyd baie seniorswemmers gehad, maar tans is daar meer juniors. Dit sal definitief die klub se toekoms verseker omdat die jong swemmers reeds talent toon,” sê Eagar en voeg by dat hulle tans sewe voltydse gekwalifiseerde afrigters in diens het.
Junior afrigter, Ilani Swane­poel sê sy het ongeveer drie jaar gelede 17 swemmers onder haar vlerk gehad wat tot 194 gegroei het. “Ek is opgewonde oor die jong swemmers wat groot hoogtes kan bereik en wat die klub baie hoop vir die toekoms gee,” sê sy.
Beide afrigters is dit eens dat die klub se sukses in die lede se gemotiveerdheid, harde werk en deursettingsvermoë lê.
“Eienskappe van ‘n goeie afrigter sluit ‘n positiewe houding en dissipline in. Dit gaan ook nie oor jou sukses nie, maar dié van jou swemmers. As hulle gelukkig is, sal hulle presteer,” meen hulle.
Eagar en Swanepoel is tydens die prysuitdeling vir hul harde werk bedank.
Swemmers is in verskeie ka­te­gorieë vir hul prestasies vereer en dit is geen verrassing dat Ude Fuchs en Sulé van der Merwe as die klub se topswemmers aangewys is nie. Ude is onlangs ook deur die departement van sport, kuns en kultuur tydens die Limpopo Sports Awards as Sportman van die Jaar aange­wys.
Tydens die klubprysuitdeling is hy vir sy beste algehele vlak 3-
pres­tasie, internasionale deelname, beste nasionale swemmer by alle junior en senior galas, se­nior seun met die meeste punte en Swemmer van die Jaar aangewys.
Sulé het toekennings vir beste senior vlak 3-swemmer, beste enkelprestasie in vlak 3, beste prestasie gedurende die seisoen, beste vordering en beste swemmer tydens nasionale junior en senior galas ingepalm.

Story and photos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Featured photo: Ude Fuchs is as Swemmer van die Jaar aangewys.

Sulé van der Merwe stap met ses toptoekennings weg.
Sulé van der Merwe stap met ses toptoekennings weg.
Eagar Aquatics se topafrigters, Ilani Swanepoel en Douggie Eagar.
Eagar Aquatics se topafrigters, Ilani Swanepoel en Douggie Eagar.

 

Related Articles

 
Back to top button