Ontmoet die manne agter die instrumente

Jacques Mouton en sy groep is ‘n jong musiekgroep wat hul ontstaan in Louis Trichardt het, maar tans besig is met hul CD, Balans, se bekendstellingstoer

POLOKWANE – “Die naam gaan daaroor dat daar ‘n balans van Afrikaans en Engelse musiek op is. Ons het egter eers ‘n week terug as groep saam begin oefen. Ek maak al vir drie jaar musiek en het elke Woensdagaand by Ocean Basket in Louis Trichardt gespeel.

“Ek het vir Hennie Prinsloo, die dromspeler, ontmoet en hy het vir Waldo Mocke geken. Waldo het ‘n dag voor die bekendstelling vir die eerste keer saam met ons musiek gemaak. Al die musiek op die album is oorspronklike snitte deur my geskryf, maar ons speel ook ander kunstenaar se musiek by ons optredes.”

Jacques: Moet asseblief nie vra of ek van Afrikaanse musiek hou nie.

Jacques: Ja, Vrydagaand met die bekendstelling was daar een van my sogenaamde vriende wat heeltyd die klankman uitgetrap het en gesê het hy moet verstellings aan die klank doen. Daar het ook ‘n ander spesiale vriend van my opgestaan en gedans met sy dogtertjie en die man het hom ook uitgetrap. Sewe mense het opgestaan en geloop. Dit was baie erg vir my.

Hennie: Ons het Saterdagaand ook ‘n optrede gehad en ‘n dronk man het toe begin moles maak. Ek en Waldo het net gekeer dat daar nie ‘n groot baklei uitbreek nie.

Jacques: Tydens Vrydagaand se bekendstelling het ons ‘n stuk instrumentaal gespeel. Ek het heel verlore geraak in die musiek. Dit is ook baie lekker as die mense met ons kommunikeer en reageer, saam sing en dans.

Waldo: Vrydagaand was ook vir my lekker. Ons het baie lekker ‘connect’.

Jacques: Nie regtig nie. Ons hou daarvan as aanhangers met ons gesels en sal hulle dikwels betrek by die oppak proses en só hulle beter leer ken. Dit maak die ondervinding vir hulle spesiaal.

Jacques: Hulle moet onthou ons is net mense. Hulle kan ons benader en met ons gesels. Dit maak enige optrede net lekkerder.

Jacques: Ons oefen in die oggende en dan het ek en Hennie ‘n musiekskool waar ons klas gee tot laatmiddag of selfs laataand.

Waldo: Ek bedryf my eie besigheid, Vibrant Light Productions.

Hennie: Die gevoel om dinge wat lekker is in ‘n liedjie in te sit. Dit is dalk nie ‘n liefdesliedjie nie, maar as ek aan my vrou dink, is dit lekker.

Jacques: Ek skryf graag liedjies oor dinge wat met my gebeur het. Ek probeer my lewe vol avontuur hou sodat ek iets het om oor te kan skryf.

Jacques: Tydsbestuur is ‘n groot uitdaging. Ons belê wel ons vryetyd deur vir kerke met tegniese aspekte te help. Ook doen ons ekstra werk vir geld.

Jacques: Nee, dit het te doen hoe jy jouself sien.

Hennie: ‘n Mens moet nederig wees. Dit is lekker om met ander mense oor die weg te kom.

Waldo: Music is communication, not just competition. Musiek is ‘n taal wat almal kan praat.

Jacques: Ek is genomineer om Suid-Afrika in Mauritius te gaan verteenwoordig met dans en was in November deel van die top ses in die land vir dans, sing en toneelspel. Dan kan ons almal ook meer as een instrument speel.

Hennie: Ek doen hipnoterapie.

Waldo: Ek is goed met ‘n kamera en grafiese ontwerp. Ek het die CD omslag ontwerp.

Jacques Mouton en die manne by ReviewNMG

maretha@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version