EntertainmentLifestyle

Niks so lekker soos ‘n middagslapie nie

Lizz Meiring met haar vele fasette het onlangs die stad besoek waar sy inwoners op ‘n reis geneem het met haar eenmanverhoogstuk, Langpad & Lipstiek

POLOKWANE – Aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TV-aanbieder, seremoniemeester, spreker, kunsteaktivis, kreatiewe konsultant en skrywer is alles woorde wat gebruik word om die bekende en geliefde Afrikaanssprekende aktrise, Lizz Meiring, te beskryf.

Hierdie vrou met haar vele fasette het onlangs die stad besoek waar sy inwoners op ‘n reis geneem het met haar eenmanverhoogstuk, Langpad & Lipstiek.

Review het die geleentheid gehad om ‘n paar minute van die sprankelvrou se tyd in beslag te neem om meer uit te vind oor haar wandelpad.

Lizz is in die vroeë sestigs in Pretoria gebore. Sy is die tweede van drie kinders en die enigste dogter.

Haar eerste optrede was op die skamele ouderdom van ses jaar op die verhoog van Laerskool Pretoria-Oos en kort daarna begin haar professionele loopbaan as aktrise op die ouderdom van 10.

Haar eerste professionele optrede was in 1974 in die Universiteit van Pretoria se dramadepartementproduksie, Langenhovenjaar, kortliks gevolg deur die toneelstuk Vrou van Suid-Afrika.

Met haar optredes op die verhoog verander sy blitsvinnig van karakter en wys die gehoor haar enorme potensiaal as aktrise.

Alhoewel sy ‘n grapjas en ‘n selferkende klas nar, vertel sy dat haar humeur wel effe aan die kort kant is.

Ek is van Franse, Ierse en Italiaanse afkoms wat ‘n baie gevaarlike kombinasie is, maar ek het deur die jare geleer hoe om my humeur beter in toom te hou en koelkop te bly.

Sy het verskeie projekte waaraan sy werk en sy toer baie, so daar is nie baie tyd vir ontspan nie maar sy koester elke minuut wat sy vir haarself kry.

“M brein is immerbesig met al my projekte, maar ek lees graag, kuier saam met vriende, kyk ‘n dokumentêr of dop om en slaap. Ek is ‘n siesta-mens. Niks is vir my so lekker soos ‘n middag slapie nie,” lag sy.

Lizz vertel dat elke platform waarop sy werk hetsy dit verhoog, televsisie, film, of agter die skerms sy eie bekoring het en dit gaan vir haar oor die karakters en die storie wat ‘n mens vertel, die medium of kapasiteit is ‘n bysaak.

Voor elke optrede prober sy om iets gehoorspesifiek en uniek deur te gee met haar vertoning, aanmekaar geweef deur bestaande en nuwe materiaal tot ‘n vars, oorpronklike vertoning.

“Kreatiewe mense in enige beroep inspireer my. Oorspronklike, anders denkendes wat verby die bestaande grense kyk om nuwe dinge te skep is waarmee ek kan vereenselwig,” verduidelik sy.

Iets wat min mense van Lizz weet, is dat sy ‘n gekwalifiseerde afslaer is. Sy was die eerste Afrikaanssprekende gasredakteur van die tydskrif, Kulula Mag, en die enigste Afrikaanssprekende wat gekies is om individueel die DStv EXPLORA loodsadvertensie te doen.

 

maretha@nmgroup.co.za

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button