Winkeleienaars moet op hul hoede wees vir dié tjekbedrogklant

Die vermeende tjekbedrogklant betaal per tjek onder die van "Nagel".

POLOKWANE – Die vermeende tjekbedrogklant betaal per tjek onder die van “Nagel”.

“Maar, jy kan seker wees die tjek gaan teruggestuur word deur die bank,” sê verskeie winkel-eienaars.

Frans Pretorius , ‘n drankwinkel-eienaar vertel meer

“Sowat ‘n week gelede het dié man hier ingestap en gevra of hy drank per tjek kan betaal – dit is geensins ‘n normale gebruik by ons nie, maar ek het uit die goedheid van my hart besluit om hom wel te help.”

“Die man het drank gekoop ter waarde van meer as R3 000, maar die tjek is teruggestuur as gevolg van onvoldoende fondse. Die kontaknommers op die tjek is ook vals.”

“Toe ek voelers begin uitsteek na ander drankwinkeleienaars kom ons agter ons is ‘n klomp wat deur dieselfde man ingeloop is,” vertel hy.

Pretorius het intussen by ‘n bank navraag gaan doen oor die tjek en is dadelik in kennis gestel dat daar talle ongerymdhede op die rekening opgemerk is.

Hy het die saak hierna by die polisie aangemeld.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version