EntertainmentLifestyle

Waardegewys kry jy meer en meer met nuwe Lexus

Danksy die jongste verbeterings aan die Lexus ES, wat reeds die samevatting vir luuksheid is, neem dit nou weelde tot ‘n volgende vlak.

Danksy die jongste verbeterings aan die Lexus ES, wat reeds die samevatting vir luuksheid is, neem dit nou weelde tot ‘n volgende vlak.
Die nuwe opgekikkerde ES, wat met ’n meer sportiewe voorkoms, sterker agterstilering, verfynde binneruimafwerking, opgedateerde afwerking en verbeterde dinamika pronk, is werklik ’n pakket wat aan die “meer is meer”-etiket voldoen.
Die hersiene en verfrisde vooraansig van die ES behels Lexus se kenmerkende uurglas-sierrooster, sowel as twee nuutontwerpte kopligte wat nou ligdiode-projektortegnologie gebruik.
Daarbenewens is die hersiene ligdiode-misligte na die buitenste onderste deel van die voorkant verskuif waar dit die voertuig se breë houding beklemtoon en die vloeibaarheid van die ontwerp beklemtoon.
Die agterkant pronk ook met ’n herontwerpte, stylvolle verchroomde nommerplaathulsel wat sigbaar tot in die helder dele van die stertligte invloei om by die voertuig se nuutgevonde gespierheid te pas. Nuutgevormde verchroomde reghoekige stertpype van die ES 250 bied aansienlike oemf aan die voertuig se reeds sportiewe houding.
Nuwe beslag-opkikkerings aan die deure se binnekantste oppervlakke en middelkonsole voeg die binneruim se weelde-gevoel en ontwerp saam. Kleurgepaste bekleedsel word ook in die middelkonsole gebruik, terwyl die rathefboom ’n nuwe leerrompie het.
’n Nuwe, dunner sportstuurwiel sorg vir groter bestuursgenot. Die nuwe volkleur skerm van 4,2-duim gee alle belangrike voertuiginligting sowel as inligting oor die multimedia-klankstelsel vir voor en in die middel deur.
Ander uitstaande kenmerke sluit in volle leerbekleedsel regdeur met hoëgehalte stikwerk en ’n nuwe verhewe patroon. Die ES deel nou ook baie eienskappe met die GS, soos die groot syferhorlosie, agtergrondbeligting en die Nano-e-klimaatbeheerstelsel.

Nuutgevormde verchroomde reghoekige stertpype van die ES 250 bied aansienlike oemf aan die voertuig se reeds sportiewe houding. Foto’s: Quickpic
Nuutgevormde verchroomde reghoekige stertpype van die ES 250 bied aansienlike oemf aan die voertuig se reeds sportiewe houding. Foto’s: Quickpic

Bykomende standaard-geriefskernmerke sluit in:
• ’n Glasdak.
• Afstand beheerde sleutellose toegang.
• Elektries beheerde sitplekke met ingeboude verwarmers (met geheuewerking vir die bestuurdersitplek).
• ’n Elektro-chromatiese truspieël, trurat-gidsmonitor met ’n nuwe slimkamera, en parkeerhulp.
Die ES 250 word aangedryf deur Lexus se dubbele VVT-i-tweelingnokas-viersilinderenjin van 2,5 liter wat 135 kW se krag teen 6 000 rpm opwek en ‘n wringkrag piek van 235 Nm teen 4 100 rpm ontwikkel.
Die Lexus ES 250 versnel met die hulp van sy standaard outomatiese sesgang-transmissie in 9,8 sekondes van 0 tot 100 km/h en kan die 200 km/h merk oorskry. Die draaiknop waarmee verskillende rymodusse gekies kan word, gee die bestuurder toegang tot die ECO-, NORMAL- of SPORT-verstellings.
Wat veiligheid betref, bied die nuwe ES ’n magdom gevorderde aktiewe en passiewe veiligheidseienskappe, soos:
• Tien lugsakke.
• ’n Blindekol-monitor met baanwisselhulp.
• Voertuigstabiliteitsbeheer (VSC).
• Sluitwerende remme (ABS) met noodremhulp (EBD).
• Remkragverdeling (BA).
• Isofix-kindersitplekmonterings.
• Agterkant-dwarsverkeerwaarskuwingstelsel (RCTA).
• Wegtrekhulp (Hill Assist Control).
Die nuwe ES se prys is effens laer as dié van die uitgaande model deurdat die lys van toerusting op slim wyse aangepas is.
Die verwydering van duur toerusting het Lexus in staat gestel om die prys van die ES 250 met R14 700 en die ES 300h met R16 600 te verlaag:
• ES 250 – R464 200.
• ES 300h – R549 100.
Al die modelle in die nuwe ES-reeks word net soos die res van die Lexus-modelreeks deur ’n waarborg van vier jaar of 100 000 km gedek, met ’n bykomende agt jaar en 195 000 km vir die hibried-battery van die ES 300h. Wat instandhouding betref, word die ES 250 en 300h deur Lexus se Distance Plan Plus gedek.

Related Articles

Back to top button