Mev. Polokwane: skryf nou in!

Loudine Redelinghuys, Mev. Polokwane 2015 wenner, vertel dat daar 'n paar veranderinge in die vereistes is van hierdie jaar se kompetisie.

POLOKWANE – Loudine Redelinghuys, Mev. Polokwane 2015 wenner, vertel dat daar ‘n paar veranderinge in die vereistes is van hierdie jaar se kompetisie.

• Loudine vertel dat daar hierdie jaar meer mense betrokke is.

• Die ontwerpers wat praguitrustings gaan borg is Erika Mengouchi, Nico Willoughby-Smith, Amanda Goosen, Suronah Bridal Boutique en Pebetsy.

• Die haarsalonne en haarkappers wat gaan sorg dat die wenner op haar beste lyk by enige geleentheid is Christelle Potgieter van House of Tamar, Elzet Benadie van Grow, Linda Wentzel van La Paz, Marlé di Somma van CaraMia en Ida-Louise van den Ende van Pink Scissors.

Die vereistes vir vanjaar se kompetisie is ‘n bietjie anders sê Loudine

• Die vroue moet getroud wees, hulle hoef egter nie kinders te hê nie.

• Hulle moet tussen die ouderdom van 25 en 50 jaar oud wees om deel te neem en ‘n vrou moet haar man se ondersteuning hê om betrokke te wees by hierdie projek.

 

Inskrywings vir die Mev. Polokwane 2016 sluit op 13 Oktober.

Vir meer inligting en om inskrywingsvorms te bekom, besoek die Mrs Polokwane Facebookblad

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version