Opwindende rugby by Noordelikes

Die BB Truck Noordelikes Rugbyklub bied groot vermaak vir inwoners hierdie Saterdag, 15 Augustus.

POLOKWANE – Die BB Truck Noordelikes Rugbyklub bied groot vermaak vir inwoners hierdie Saterdag, 15 Augustus.

Vyf wedstryde gaan tussen 13:00 en 17:00 gespeel word. Die eerste wedstryd sal om 13:00 afskop wanneer die span van die Universiteit van Limpopo uitdraf teen die Mankweng Rugbyklub. Om 14:00 begin die tweede wedstryd wanneer die Dendron Rugbyklub teen die Kargo Pietersburg Rugbyklub te staan kom. Die derde wedstryd vind om 15:00 plaas waar die spanne van Musina Rugbyklub en Letaba Rugbyklub teen mekaar uitspeel. Die Universiteit van Venda en die BB Truck Noordelikes Rugbyklub se derdespan gaan om 16:00 die vierde wedstryd afskop.

Na al hierdie opwindende wedstryde skop die wedstryd waarvoor almal gewag het af om 17:00 wanneer BB Truck Noordelikes Rugbyklub se eersetespan teen die Northam Rhino’s Rugbyklub te staan kom.

Wie gaan as die wenners wegstap by hierdie opwindende dag vol rugbygenot? Kom maak ‘n draai en vind uit! Toegangsfooi is R20 per voertuig en inwoners kan hul dors les of hul honger stil by die Noordelikes se pub.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version