Motoring

Groot pret by Limpopo Toyota Renosterkop Boerefees

Polokwane is besig om sy vere reg te skud vir een van die provinsie se grootste boerefeeste, die Limpopo Toyota Renosterkop Boerefees wat op 11 en 12 September buite die stad aangebied word. Dié fees beloof om groot pret vir die hele gesin te wees met niemand wat vir een oomblik verveeld gaan ronddwaal nie. …

Polokwane is besig om sy vere reg te skud vir een van die provinsie se grootste boerefeeste, die Limpopo Toyota Renosterkop Boerefees wat op 11 en 12 September buite die stad aangebied word. Dié fees beloof om groot pret vir die hele gesin te wees met niemand wat vir een oomblik verveeld gaan ronddwaal nie. Die terrein is ongeveer 10 km op die Louis Trichardtpad.
Volgens Limpopo Toyota-handelaarshoof, Gordon Ferns gaan daar onder meer ‘n lafenistent met aansitrestaurant, ‘n wye verskeidenheid stalletjies, ‘n trekker-hindernisuitda-ging, 4×4-uithourit, verfbal en hope vermaak vir elke lid van die familie wees. Die 4×4-uithourit beloof om groot opwinding vir 4×4-entoesiaste in te hou met uitdagings wat hul hare sal laat rys. Groot pryse is die spel. Na die dag se verrigtinge op Vrydag kan besoekers tot laataand langarm dans terwyl Adam Tas en die JUBA Broers Saterdagaand vir vermaak sal sorg. Ingangsfooie vir volwassenes en kinders beloop R50 wat toegang tot die pretpark insluit. Kampeerplek is ook beskikbaar teen R50 per nag.
Vir meer inligting of besprekings stuur ‘n epos na renosterkopboere-dag@gmail.com of skakel David Malan by 084 581 1022. Die GPS-koördinate is S23’46.583’ E029’31.210.
Program
Vrydag
09:00 – Opening en registrasie
10:00 – 4×4-uithouritwegspring
13:00 – Middagete
14:00 – Gymkana
16:00 – Lafenistent plesiertjieuurtjie
17:30 – Prysuitdeling
18:00 – Langarmdans tot laat
Saterdag
09:00 – Hekke open
10:00 – Vasbyt (16 jaar en ouer), boogskiet en pluimveeskou
11:00 – Trekkerdemonstrasie
13:00 – Middagete
14:00 – Lafenistent plesiertjieuurtjie
17:00 – Prysuitdeling
18:00 – Wynveiling
18:30 – JUBA Broers
20:00 – Adam Tas
21:00 – JUBA Broers

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Adam Tas, bekend vir sy lied, ‘Want jy is boer’, is Saterdagaand op die verhoog.
Adam Tas, bekend vir sy lied, ‘Want jy is boer’, is Saterdagaand op die verhoog.

Related Articles

Back to top button