Mev. Polokwane is om die draai

Inskrywings maak open 13 Augustus en die gala-aand vind plaas op 21 November

POLOKWANE – Mengouchi was vanjaar se trotse borg van Mev. Polokwane 2015, Loudine Redelinghuys, en ook die borg vir volgende jaar (2016) se wenners.

Inskrywings maak open 13 Augustus en die gala-aand vind plaas op 21 November. Lesers kan die Mev. Polokwane Facebookblad en Review dophou vir inskywings.

Die wenner ontvang ‘n R15 000 geskenkbewys van Erika Mengouchi se pragtige aandrokke, om van gebruik te maak vir haar fotosessies en vir die kroningsaand ook vir haar pamflet of vir die volgende kompetisie-plakkaat te gebruik.

Indien daar geld oor is van die geskenkbewys kan sy ander rokke deur die jaar gebruik vir funksies soos sy goed dink.

Die eerste prinses kry ‘n R5 000 geskenkbewys. Sy moet ook ‘n rok vir die kroningsaand kies en verder kan sy die geskenkbewys gebruik soos sy goed dink. Vir meer inligting oor die kompetisie, kontak Loudine by 079 885 6996.maretha@nmgroup.co.za

Exit mobile version