Hier is die Augustus-vermaakplan

So dikwels hoor 'n mens dat inwoners van Polokwane niks het om met hulle tyd te doen nie, of dat groot en bekende kunstenaars nooit die stad besoek nie.

POLOKWANE – So dikwels hoor ‘n mens dat inwoners van Polokwane niks het om met hulle tyd te doen nie, of dat groot en bekende kunstenaars nooit die stad besoek nie.
Hierdie Augustus is dit egter nie die geval nie, ‘n paar groot name kom kuier hierdie maand in Polokwane.

Photo: Supplied

Op die eerste van die maand sal Die Campbells die stad besoek  ten bate van die Koningskinders. Hulle sal by St. Marco Estate te sien wees met liedjies soos Rooi Rok Bokkie en Bietjie Bietjie Lam.


Op die vyfde bring die Mev. Polokwane organisasie vir Gretha Wiid vir ‘n motiveringsaand by Bolivia Lodge. Hierdie is ook ‘n insamelingsgeleentheid waar gaste versoek is om ou of nuwe boeke te bring.
‘n Ete is by die prys ingesluit.

Gedurende die naweek van 14 en 15 Augustus tree Karlien van Jaarsveld en Die Heuwels Fantasties by Genl. Piet Joubert op ten bate van Alex van Dyk wat beide sy bene in ‘n ongeluk verloor het en nou prosteses nodig het.
Karlien sal Vrydagaand te sien wees en die Heuwels Fantasties sal Saterdagaand op die verhoog wees.

Bok van Blerk is met sy verhoogproduksie, Die Boer en die Skot, ook by hierdie jaar se kunstefees. Foto’s: Verskaf

Op Saterdag, 15 Augustus, sal Bok van Blerk ook op die verhoog wees in Polokwane.
Hy sal optree by Noordskool ten bate van Erica Pre-Primêr.
Inwoners het dus geen verskoning om gedurende Augustus verveeld by die huis te wees nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version