EntertainmentLifestyle

FOTOKOMPETISIE: Beste viervoet gesoek

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Polokwane het besluit om inwoners van die stad die geleentheid te gee om ‘n sterilisasie en mikroskyfie asook vele ander pryse te wen.

POLOKWANE – ‘n Babahondjie of -katjie is een van die oulikste diertjies wat ‘n mens baie na aan die hart kan lê.
Die koffie-asem of skurwe tong en sagte pels kruip gou in jou hart in, maar om ‘n dier aan te hou is ‘n duur storie. Bo en behalwe die vlooibehandelings en nodige inentings, is dit ook goed vir jou dier se gesondheid om hulle te laat steriliseer, en met die risiko dat jou dierekind dalk kan wegraak is mikroskyfies besig om ál hoe meer gewild te word, wat ongelukkig ook ‘n duur onderneming is.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) Polokwane het besluit om inwoners van die stad die geleentheid te gee om ‘n sterilisasie en mikroskyfie asook vele ander pryse te wen.
Lesers kan hul honde of katte onder die ouderdom van een jaar inskryf by hulle fotokompetisie en die kans staan om pryse te wen in die honde-  of kattekategorie.
Daar is wel ‘n paar kriteria vir hierdie kompetisie: die foto moet ‘n oorspronklike foto wees sonder enige veranderinge, met die dier as fokuspunt.

Die foto mag nie groter as 5MB wees nie, en elke foto moet persoonlik deur die eienaar ingeskryf word.
Stuur jou foto en kontakbesonderhede aan die DBV by photospcapolokwane@gmail.com.
Al die foto’s sal op Polokwane SPCA Photo Competition se Facebookbladsy verskyn met ‘n fotonommer, inwoners kan dan per SMS stem vir hul gunsteling foto.
SMS die nommer van die foto na 34464. Die koste beloop R2 per SMS.
Die wendiere kry ‘n gratis sterilisasie asook ‘n mikroskyfie. Tweede en derde pryse is ook mikroskyfies wat aan die DBV geskenk is.
Sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 Junie 2015.
Kontak vir Tania le Roux by 082 401 2020 vir verdere navrae.

spca_620009746

Related Articles

Back to top button