Boeremusiekgilde sorg vir ‘n geskoffel

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se skoolsaal was behoorlik aan die kook op Saterdag, 12 Mei toe die Boeremusiekgilde se Mokopane-tak die voete laat jeuk het.

POLOKWANE – Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se skoolsaal was behoorlik aan die kook op Saterdag, 12 Mei toe die Boeremusiekgilde se Mokopane-tak die voete laat jeuk het.

Kunstenaars van Polokwane, Mokopane en selfs Phalaborwa het met hulle musiek en sang die besoekers op die aand vermaak. Kunstenaars wat op die aand opgetree het is Juan de Bruyn, Gerrie Hartman, Pieta Badenhorst, Louwtjie de Lange, Attie Vermaak, Chris Gouws en Lydia de Lange.

Die Boeremusiekgilde hou gereeld danse in en om Polokwane en die tak gaan weer op Saterdag 5 September terug wees vir diegene wat belangstel om die geleentheid by te woon.

“Daar is nooit ‘n tekort aan dansplek in Limpopo nie en met die Boeremusiekgilde se Mkopane-tak maak ons seker dat ons die lekker musiek na die mense toe bring,” het die voorsitter van die gilde, Koos Smit aan Review gesê.

MEER FOTO’S

Exit mobile version