EntertainmentLifestyle

Ruk en rol met nuwe Lexus RX

DIE Lexus RX is die topverkoper in Lexus se 26-jarige geskiedenis waarvan meer as 2,1 miljoen reeds verkoop is.

DIE Lexus RX is die topverkoper in Lexus se 26-jarige geskiedenis waarvan meer as 2,1 miljoen reeds verkoop is. Dit verteenwoordig drie uit elke tien voertuie wat die maatskappy al gebou het. Die nuwe vierde generasie lyk asof dit daarop gaan voortbou danksy ‘n heeltemal herontwerpte weelde-binneruim wat in ‘n netjiese nuwe romp met ‘n langer asafstand gehuisves is.

Die nuwe model pronk ook met uitmuntende padgedrag en nuwe veiligheidstegnologie, waaronder die vernuwende Lexus-veiligheidstelsel+, wat die Lexus “Safety System+” genoem word.

Meer besonderhede van die produksiemodel wat in Suid-Afrika bekend gestel sal word, sal later vanjaar aangekondig word.

Die nuwe voorkant het ‘n sterker ontwerp, van sy kenmerkende uurglas-sierrooster met ‘n verchroomde omlysting tot die drievoudige L-vormige ligdionde-kopligte. Dit en die herontwerpte voorste misligte gee die nuwe RX ‘n elegante dog futuristiese voorkoms met uitgeboude wielnisse wat die voertuig net nog meer sportief laat lyk.

Nuwe aluminiumwiele van 20-duim wat die bestaande model se 19-duim wiele vervang kan met insetsels van verskillende kleure aangepas word, wat die moontlikhede vir verpersoonliking uitbrei.

Die voorkoms van die RX se agterkant is verskerp en bied ‘n gevoel van rotsvaste stabiliteit wat deur die nuwe L-vormige stertligte wat om die hoeke van die voertuig vou, beklemtoon. Wanneer dié ligte aan is, gee dit die motor ‘n breër, meer gesaghebbende teenwoordigheid en skep ‘n briljante gloei wat van die romp tot die laaideur strek, die eerste keer dat dit in ‘n Lexus aangetref word.

Die kajuit plaas die klem op gemak en weelde, met afwerking wat vir ‘n hoëklas-gevoel sorg. Kopers wat nog meer weelde wil hê, kan nuwe lasergesnyde houtafwerking kies. ‘n Groot weerkaatsskerm is die middelpunt, terwyl die inligtingsone ‘n monitor van 31,2cm behels.

Die langer asafstand beteken ook meer been- en knieruimte vir die agterste passasiers. Die agtersitplekke self kan bykomend met elektriese rugleuning-verstelling en ingeboude verwarmers toegerus word. ‘n Panoramiese sondak laat die kajuit nog ruimer lyk en voel.

Die nuwe RX sal ingevolge sy verskillende markte beskikbaar wees met ‘n verbeterde en kragtiger V6-enjin van 3,5 liter met 225kW kraglewering wat aan ‘n nuwe outomatiese agtgang-transmissie ratkas gekoppel is.

Die volwaardige hibried-kragbronweergawe sal ‘n verbeterde V6-enjin van 3,5 liter behels. Die stelsel se algehele verrigting, wat dié van die elektriese motor insluit, sal ook nagenoeg 125kW wees.

Lexus se ingeboude voertuigdinamikabeheer (VDIM) is ontwerp om dreigend gevaarlike situasies te herken en outomaties en dikwels ooglopende verstellings te maak om te verseker die motor bly binne beheer wanneer die bestuurder deur draaie ry. Aandrywing deur al vier wiele verbeter hanteringsvermoë op droë en gladde oppervlakke.

Die meeste RX-weergawes sal aanpasbare veranderlike vering (Adaptive Variable Suspension oftewel AVS) hê wat die stuur en veringdemping elektronies monitor en verstel ten einde die beste hantering en rit ingevolge die rytoestande te verseker.

Die nuwe RX slaan munt uit aansienlike verbeterings in aktiewe en passiewe veiligheidmaatreëls wat in pas is met Lexus se voortdurende fokus op die verbetering van voertuigveiligheid.

Die verbeterings sluit in die sterker rompstruktuur wat algehele passiewe veiligheid aansienlik verhoog, en die gebruik van die Lexus Safety System+, wat botsings teen ‘n wye reeks voertuigsnelhede help voorkom of die impak daarvan verminder.

Die stelsel se veelvlakkige benadering tot aktiewe veiligheid maak gebruik van millimeter-golflengte radar wat ook ‘n kamera inspan om die RX in sy voorgenome rybaan te hou en span die baanryhulp (Lane Keeping Assist oftewel LKA) daarvoor in. Dit ondersteun ook die verrigting van die veranderlike spoedbeheer (ACC).

Die F Sport-weergawe van die nuwe RX is gerig op kopers wat nog meer opwinding en verrigting uit hul weelde-sportnuts wil hê. Dié model sal met beide enjinkeuses beskikbaar wees en spog ook met spesiale visule en verrigtingseienskappe wat dit van die ander weergawes in die reeks onderskei.

Hierdie weergawe het ook nuwe allooisierwiele, wat eksklusief aan die F Sport is, terwyl die kajuit pronk met ‘n toegewyde instrumentehuisie en ‘n sportstuurwiel wat met geperforeerde leer oorgetrek is en ook wisselpedale het. Eksklusiewe kleurkeuses en -beslag is ook deel van dié pakket.

Die aanpasbare veranderlike veerstelsel is deel van die standaard-toerusting. Die nuwe RX het ook ‘n rymodusstelsel wat Sport S+-werking met AVS benewens die Eco, Normal en Sports S-verstellings bied.

Die herontwerpte voorste misligte gee die nuwe RX 'n elegante dog futuristiese voorkoms met uitgeboude wielnisse wat die voertuig net nog meer sportief laat lyk. Foto: Quickpic
Die herontwerpte voorste misligte gee die nuwe RX ‘n elegante dog futuristiese voorkoms met uitgeboude wielnisse wat die voertuig net nog meer sportief laat lyk. Foto: Quickpic

Related Articles

Back to top button