EntertainmentLifestyle

Neem ‘n kiekie en wen GROOT met SPCA Polokwane

Die kompetisie is oop vir inwoners van Polokwane en die foto moet ‘n oorspronklike foto wees sonder enige veranderinge, met die dier as fokuspunt.

POLOKWANE – DIERELIEFHEBBERS se honde en katte is meer as net hulle diere.

Dit is hulle kinders. ‘n Babahondjie of katjie is dikwels ‘n welkome gesig na ‘n dag se werk, en diereliefhebbers sal berge versit vir hierdie dierekinders. Die Diere Beskermings Vereniging (DBV) Polokwane het besluit om inwoners van die stad die geleentheid te gee om met hulle honde en katte, jonger as een jaar te spog deur ‘n fotokompetisie.

Daar is twee kategorieë, een vir die honde en een vir die katte.

Die kompetisie is oop vir inwoners van Polokwane en die foto moet ‘n oorspronklike foto wees sonder enige veranderinge, met die dier as fokuspunt. Die foto mag nie groter as 5MB wees nie. Elke foto moet deur die eienaar self ingeskryf word.

Stuur jou foto aan die DBV by photospcapolokwane@gmail.com, met jou kontakbesonderhede.

Al die foto’s sal op Polokwane SPCA Photo Competition se Facebookbladsy verskyn met ‘n fotonommer, inwoners kan dan stem per SMS vir hulle gunsteling foto.

SMS die nommer van die foto na 34464. R2 per SMS.

Die wen-hondjie en wen-katjie kry ‘n gratis sterilisasie asook ‘n mikroskryfie as prys. Tweede en derde pryse is ook mikroskyfies wat aan die DBV geskenk is.

Sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 Junie.

Kontak Tania le Roux by 082 401 2020.

spca_620009746

Related Articles

Back to top button