Dames, Wiele500 is hier

Passievolle mense wat 'n verskil wil maak het 'n behoefte aan rolstoele gesien en so het Wiele500 in 2012 begin.

POLOKWANE – Passievolle mense wat ‘n verskil wil maak het ‘n behoefte aan rolstoele gesien en so het Wiele500 in 2012 begin.

Wiele500 voorsien rolstoele aan mense wat in terme van die departement van sosiale ontwikkeling se vereistes nie daarvoor kwalifiseer nie, maar wel ‘n behoefte daaraan het.

Jaarliks word daar in Polokwane ‘n damesontbyt gehou waar gaste soos Mathys Roets optree. Hierdie jaar is Mathys weer die gaskunstenaar saam met Elvis se Seun, Stefan Ludick en sy dansers wat die dames gaan vermaak.

Akteur Erik Holm sal die seremoniemeester wees.

Dames kan uitsien na heerlike vingerhappies en ander geskenke wat uitgedeel gaan word. Daar sal ook stalletjies wees, so bring die beursies.

Die ontbyt vind plaas op 16 Mei by Grin Court. Daar is slegs ‘n beperkte aantal kaatjies.

Koop jou kaartjie by Freshwell en Exclusive Properties. Kaartjies kos R280.

Vir meer inligting skakel Freshwell by (015) 296 1276 of Exclusive Properties by (015) 297 1132.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version