POLOKWANE – Helling op en helling af het 4×4-geesdriftiges Saterdag die kans gehad om hul vernuf te wys tydens die Dieprivier 4×4-uitdaging.
‘Ou hande’ sowel as nuwelinge het hul staal gewys oor verskeie hindernisse.
Die Volkswagen handelaarskap in die stad het ook ‘n gimkana-geleentheid gehou wat verskeie tydtoetshindernisse behels het.
Voetspore-aanbieder Johan Badenhorst, wat ‘n groot trekpleister was tydens die geleentheid, se vernuf was duidelik te sien op die baan.
Hy het Saterdag ook deelgeneem aan ‘n vieruurrit waartydens bestuurders opgewarm het vir die gimkana.
Die organiseerder van die dag, Flip Snyders, het die dag as ‘n groot sukses beskryf en hoop dié uitdaging sal jaarliks meer en meer aftrek kry.
You can read the full story on our App. Download it here.