EntertainmentLifestyle

Dieprivier toets 4×4-vernuf

Helling op en helling af het 4x4-geesdriftiges Saterdag die kans gehad om hul vernuf te wys tydens die Dieprivier 4x4-uitdaging.

POLOKWANE – Helling op en helling af het 4×4-geesdriftiges Saterdag die kans gehad om hul vernuf te wys tydens die Dieprivier 4×4-uitdaging.

‘Ou hande’ sowel as nuwelinge het hul staal gewys oor verskeie hindernisse.

Die Volkswagen handelaarskap in die stad het ook ‘n gimkana-geleentheid gehou wat verskeie tydtoetshindernisse behels het.

Voetspore-aanbieder Johan Badenhorst, wat ‘n groot trekpleister was tydens die geleentheid, se vernuf was duidelik te sien op die baan.

Hy het Saterdag ook deelgeneem aan ‘n vieruurrit waartydens bestuurders opgewarm het vir die gimkana.

Die organiseerder van die dag, Flip Snyders, het die dag as ‘n groot sukses beskryf en hoop dié uitdaging sal jaarliks meer en meer aftrek kry.

Lourens du Plessis van Volkswagen Commercial Polokwane demonstreer aan deelnemers hoe om die hindernisse te benader.
Lourens du Plessis van Volkswagen Commercial Polokwane demonstreer aan deelnemers hoe om die hindernisse te benader.
Ashley Bradberry stu voort na sy oefenronde vir die gimkana.
Ashley Bradberry stu voort na sy oefenronde vir die gimkana.
Juan Daniels, Michelle Norman en Sunel Daniels geniet hulself op die 4x4-baan kort voor die begin van die Dieprivier gimkana buite Polokwane Saterdag.
Juan Daniels, Michelle Norman en Sunel Daniels geniet hulself op die 4×4-baan kort voor die begin van die Dieprivier gimkana buite Polokwane Saterdag.

(MEER FOTO’S)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button