Die Simfonia Juventi kom kuier in April en Mei in Limpopo

DIE alombekende Simfonia Juventi jeugorkes kom toer in Limpopo.

MOKOPANE – DIE alombekende Simfonia Juventi jeugorkes kom toer in Limpopo.

Die Simfonia Juventi jeugorkes is al vir 22 jaar onder leiding van dr. Fanie Jooste van Potchefstroom, en het reeds in 1981 tot stand gekom toe bekend as TOD-orkes.

Die orkes is geskep met die doel om vir belowende leerlinge die geleentheid te skep om orkeservaring op te doen en musiektalent te identifiseer en te ontwikkel.

Hierdie orkes het met groot sukses aan talle kultuurfeeste deelgeneem en volledige konsertuitvoerings gelewer. Dit het gelei tot ‘n ontwikkelede en suksesvolle orkes met ‘n eiesoortige karakter bekend as Simfonia Juventi vanaf 1994.

Die Simfonia bied ook skooluitvoerings, waartydens die leerders van gr. 0 tot gr. 12 op ‘n interessante wyse kennis maak met al die verskillende instrumente en die samestelling van ‘n simfonie orkes.

Ildonné en Charmilé Strauss, twee sussies van Mokopane, speel ook vanjaar in die orkes. Ildonné is ‘n talentvolle tjello musikant en Charmilé ‘n derde vioolspeler.

Die Simfonia Juventi jeugorkes tree op die volgende datums in die volgende dorpe op:

• 17,18 en 19 April in Polokwane, vir meer inligting of vir bespreking kontak vir Ans Bekker op (082) 457 8171.

• 15 Mei in Modimolle, vir meer inligting of vir bespreking kontak vir Annet Wolhuter op (014) 717 1370 of by (083) 583 5939.

• 16 Mei in Mookgophong by Hoërskool Hans Strijdom, vir meer inligting of bespreking kontak vir Annelie Reinecke by (014) 743 0146 of by (083) 683 6562.

Exit mobile version