EntertainmentLifestyle

Kuier só gesellig saam met Voetspore se Johan Badenhorst in Polokwane

Aanhangers van die gewilde Voetspore TV-reeks kan Vrydagaand dié avontuurreeks se toerleier en aanbieder, Johan Badenhorst, in die stad ontmoet.

POLOKWANE – Aanhangers van die gewilde Voetspore TV-reeks kan Vrydagaand dié avontuurreeks se toerleier en aanbieder, Johan Badenhorst, in die stad ontmoet.

Badenhorst sal oor die Voetspore-reeks en die avonture wat hy tydens die verfilming van hierdie reeks ervaar het gesels tydens ‘n aand van gesellige samesyn wat Volkswagen Commercial Polokwane by die Palms Inn op Dalmada net buite Polokwane aanbied.

Die geleentheid begin om 19:00 en kaartjies kos R250 per persoon. Die prys van die kaartjie sluit Badenhorst se praatjie en ‘n driegang-ete in. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar en die dragkode is semi-formeel.

Kaartjies vir hierdie unieke geleentheid is beskikbaar by Volkswagen Commercial Polokwane op die hoek van Grobler- en Dahlstraat en belangstellendes kan die handelaar by (015) 291 2733 kontak vir meer inligting of om plekke te bespreek.

Ook kan inwoners vir Lourens du Plessis van Volkswagen Commercial Polokwane direk skakel by 071 493 4702.

Daar is slegs ‘n beperkte aantal kaartjies vir hierdie heerlike geleentheid beskikbaar. Bespreek nou om teleurstelling te voorkom.

‘n Uitgesoekte groep kliënte van die handelaar sal Saterdag saam met Badenhorst en die personeel van Volkswagen Polokwane die Dieprivier 4×4-roete met 12 Amarok-bakkies aandurf.

Die gedugte Volkswagen Amarok-bakkie is oor die afgelope paar jaar vir die Voetspore TV-reeks ingespan om Johan Badenhorst en sy span te vervoer; die perfekte toetssessie om 'n baanbrekerbakkie nog verder te verbeter.
Die gedugte Volkswagen Amarok-bakkie is oor die afgelope paar jaar vir die Voetspore TV-reeks ingespan om Johan Badenhorst en sy span te vervoer; die perfekte toetssessie om ‘n baanbrekerbakkie nog verder te verbeter.

Related Articles

Back to top button