Selfdoen-bederf verpak in ‘n bottel

Bottel jou eie reeks bad- en lekkerruikgoed. Dis glad nie moeilik nie.

Bottel jou eie reeks bad- en lekkerruikgoed. Dis glad nie moeilik nie.

Jy kan heerlik kreatief raak en as ‘n geskenk is dit die beste bederf wat jy vir iemand kan gee.

Hier is ‘n paar idees om jou aan die gang te kry.

Ryk lyfskrop met koffie en kakao: dié skropmiddel sal jou vel sysag laat voel en dit bevog.

Vir twee koppies vol benodig jy:

• 125ml olyfolie

• 125ml sonneblom- of kanola-olie

• 2 eetlepels gemaalde koffiebone

• 325ml bruinsuiker

• 1 eetlepel kakaopoeier

Metode:

1. Gooi al die bestanddele in ‘n mengbak en meng dit goed.

2. Gooi die mengsel in ‘n fles met ‘n wye nek.

3. Om te gebruik, skud goed en masseer twee tot drie eetlepels liggies in jou vel in. Los vir ‘n paar minute aan en spoel af.

Variasies:

• Jy kan enige plantaardige olie pleks van die olyf- of kanola-olie vir die resep gebruik.

• Vervang die suiker met growwe- sout vir ‘n soutskrop.

• Gooi ‘n paar druppels vlugtige peperment- of laventelolie by die mengsel, as jy wil.

Verpakking:

• Sit ‘n mooi lepel by om die skrop mee te roer asook aanwysings oor hoe om dit te gebruik.

Wenk:

• Pols die suiker vir ‘n paar minute in ‘n voedselverwerker as jy hou van ‘n fyner skrop.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version