Lifestyle

Kikker jou huis só op

Hier volg egter 'n paar wenke om in 'n japtrap vir jou huis 'n nuwe baadjie aan te trek, met behulp van verrassingselemente, helderkleurige verf, deur iets sentimenteel by te voeg en meubels aan te koop.

Binnenshuiseversiering is iets waaroor mense gereeld kop krap en ons beskik nie altyd oor die bronne, kennis of geld om ‘n huis of vertrek op te kikker om te lyk soos in glanstydskrifte nie.

Hier volg egter ‘n paar wenke om in ‘n japtrap vir jou huis ‘n nuwe baadjie aan te trek, met behulp van verrassingselemente, helderkleurige verf, deur iets sentimenteel by te voeg en meubels aan te koop.

Om ‘n vervelige voorkoms te vermy, moet jy jou dekorstyl in die middel van die vertrek verander. Oorweeg dit om ‘n nuwe verrassingselement by te voeg. Soms stap jy ‘n vertrek binne met perfekte dekor, net om die gevoel te kry dat dinge net “te perfek” is.

Al wat dan nodig is, is iets verrassend; iets wat nie regtig pas nie, maar ‘n bietjie wispelturigheid aan die vertrek verleen. Voeg iets totaal onverwags by.

In ‘n tradisionele vertrek met bypassende banke, koffietafel, stoele en lampe, kan jy dit oorweeg om iets baie modern by te voeg. ‘n Moderne skildery, stoel of tafel of hedendaagse beeldhouwerk is dalk net wat nodig is om die vervelige vertrek op te kikker.

In ‘n nuwerwetse vertrek met spierwit mure, swart meubels en gladde oppervlaktes, probeer om ‘n geweefde mat, ‘n bont kussing, outydse silwerware of kersblakers met gekleurde kerse of ‘n tradisionele blommerangskikking op ‘n eetkamertafel deel van die vertrek te maak.

binne_620837285binne_618818860

Gebruik enigiets om die bypassendheid te breek. Probeer dit, die kans is goed dat jy baie daarvan gaan hou. Wanneer jy ‘n kleur verf kies vir ‘n klein spasie soos ‘n ingangsportaal of gang, wees uitspattig.

Kies ‘n kleur waarvan jy hou en moenie wonder of dit prakties of veilig is nie. Swart, rooi, donkerblou of oranje is wilde keuses, maar kan regtig ‘n verskil maak in ‘n klein spasie. Hou in gedagte dat jy net deur die gang of portaal loop en dat jy sal glimlag elke keer wat jy daar deurloop.

Elke vertrek in jou huis moet iets persoonliks of sentimenteels bevat, iets wat vir jou spesiale betekenis het. Dit is nie nodig om elke dekorreël te volg as jy jou vertrekke versier nie. Voeg iets by elke vertrek wat spesiaal is, al pas dit nie heeltemal daarby nie.

‘n Raam vol skoolfoto’s of briewe of interessante ornamente of skulpe en klippe wat versamel is gedurende ‘n vakansie of reis kan ‘n vertrek heel anders laat voel en lyk en dit gee ‘n sekere karakter aan jou huis as jou herinneringe so teen die mure gehang of uitgestal word.

Sodra jy begin meubels aankoop, is dit belangrik om slim te kies.

• Jy gaan dit moontlik vir ‘n lang tyd gebruik.

• Meubels kan een van die grootste beleggings wees wat jy maak.

• Elke meubelstuk moet ‘n spesifieke doel hê, hetsy dit prakties of dekoratief van aard is.

• Onthou dat klassieke stukke verskillende doele in verskillende huise kan dien. ‘n Mooi kas kan byvoorbeeld ‘n televisie in een huis bevat, maar klere en bykomstighede in ‘n ander huis.

Die Engelse spreekwoord “less is more”, kan goed te pas kom wanneer ‘n vertrek of ‘n hele huis versier word.

Dit is dikwels slegs een of twee bykomstighede wat ‘n kenmerkende verskil in ‘n andersins eenvoudige vertrek kan maak.

Moenie bang wees om iets nuuts en unieks te probeer nie, waag ‘n bietjie. Jou waagmoed kan dalk ‘n groter verskil maak as wat jy aanvanklik bereid was om te glo.

www.republikein.com.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button