EntertainmentLifestyle

Michael Barrett by koorwerkswinkel

Ensemble Espirit is 'n kamerkoor van Polokwane, in samewerking met die ATKV, op Saterdag 21 Maart 'n werkswinkel vir koorleiers in Polokwane aan te bied.

POLOKWANE – Koorsang is in meeste skole ‘n kultuurakiwiteit waarby heelwat leerders betrokke is. Hier leer hulle ‘n liefde vir musiek en die waarde van spanwerk.

In Limpopo neem baie skole aan die jaarlikse Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se Applous-koorkompetisie deel.

Ensemble Espirit is ‘n kamerkoor van Polokwane wat graag die kultuur van koorsang in Limpopo wil bevorder en daarom beoog hulle om, in samewerking met die ATKV, op Saterdag 21 Maart ‘n werkswinkel vir koorleiers in Polokwane aan te bied.

Die inskrywings sluit reeds op 27 Februarie en belangstellendes word versoek om so gou as moontlik op die webwerf www.ensembleesprit.co.za te registreer of vir Ans Becker te kontak by ansbecker@gmail.com.

Michael Barrett is ‘n dinamiese jong koorleier van Pretoria en hy sal hierdie werkswinkel aanbied.

Hy was ‘n lid van die Drakensbergse Seunskoor en het later ‘n meestersgraad in musiek met koorleiding as spesialisvak behaal.

Verder beskik Barrett ook oor ‘n lisensiaat in sangonderrig.

Hy is tans die dirigent van die Tuks Camerata-kamerkoor, die Jakaranda Kinderkoor en The Chamber Singers-kamerkoor.

Barrett bied gereeld werkwinkels aan en het al saam met bekende internasionale koorleiers soos Bo Johannson en Joe Miller gewerk by die Wêreldsimposium vir Koorsang.

Die werkswinkel sluit onderwerpe soos opwarmings- en dirigeertegnieke, repertoriumkeuses en die aanleer van ‘n nuwe werke in.

Die werkswinkel sal afgesluit word met ‘n konsert deur Ensemble Esprit, in samewerking met Michael Barrett.

Die werkswinkel begin om 08:30 en sal ongeveer 15:45 afsluit.

Koste beloop slegs R850 per persoon en sluit etes en verversings sowel as gratis toegang tot die afsluitingskonsert in.

Related Articles

 
Back to top button