3 faktore bepaal of droomhuis joune is

HUISKOOP behoort 'n opwindende en verrykende ervaring te wees, maar dit kan fru-strasie en verleentheid meebring as jy na 'n weeklange soektog die "perfekte" huis vind, net om te ontdek dat jy dit glad nie kan bekostig nie.

HUISKOOP behoort ‘n opwindende en verrykende ervaring te wees, maar dit kan frustrasie en verleentheid meebring as jy na ‘n weeklange soektog die “perfekte” huis vind, net om te ontdek dat jy dit glad nie kan bekostig nie.

Dis inderdaad altyd beter om vooraf te weet hoeveel jy aan ‘n huis kan bestee, sê Richard Gray, uitvoerende hoof van die Harcourts-eiendomsgroep, en vir die meeste mense sal dit deur drie faktore bepaal word, naamlik:

• Die omvang van die huislening waarvoor jy gaan kwalifiseer;

• Die bedrag in kontant wat jy byderhand het vir ‘n deposito en

transaksiekoste soos oordrag, verbandregi-strasie en regskoste; en

• Die prys wat jy as redelik en realisties be-skou met inagneming van jou eie behuisingsbehoeftes en ander finansiële mikpunte.

“Hoewel sommige kopers kontant vir eiendom kan betaal, moet by verre die meeste mense ‘n verband by ‘n bank bekom om ‘n transaksie te finansier en hulle mag heel moontlik minder kan leen as wat hulle verwag.

“Banke bepaal hoeveel hulle bereid is om aan ‘n spesifieke persoon te leen nadat sy kredietrekord, werkrekord en heersende finansiële posisie nagegaan is.

“Ingevolge die streng reëls van die Nasionale Kredietwet moet banke seker maak dat die persoon wat vir die lening aansoek doen die nuwe verbandbetalings en enige bestaande finansiële verpligtinge gemaklik kan bekostig en nie in ‘n geldelike verknor-sing gaan beland as rentekoerse styg nie.

“Gevolglik mag selfs mense met hoë inkomstes nie vir die lening wat hulle verlang, kwalifiseer nie omdat hulle reeds ander skuld het wat elke maand ‘n hap uit hul be-steebare inkomste neem.

“En dit sou beslis ‘n aanduiding wees dat hulle goedkoper eiendom as wat hulle aanvanklik beoog het, moet teiken.”

Voornemende kopers kan maklik bepaal hoe groot die lening is waarvoor hulle kwalifiseer deur die tabel op verbandkonsultant ooba se webtuiste (www.ooba.co.za) te gebruik.

Na bladsy 35

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button