EntertainmentLifestyle

Manne wat Glo wil verskil in stad maak

Die Manne wat Glo-sanggroep het ontstaan uit die behoefte van vier gospel-sangers, Dewald Gouws, Jan de Wet, Willie Joubert en Leon Ferreira,

Die Manne wat Glo-sanggroep het ontstaan uit die behoefte van vier gospel-sangers, Dewald Gouws, Jan de Wet, Willie Joubert en Leon Ferreira, om die oorweldigende herlewing van Christene regoor Suid-Afrika deur musiek aan te spreek.

Hierdie album verwoord die passievolle geestelike belewenis van mans, vroue en kinders wat tot inkeer en geloof gekom het of wat sommer net weer opnuut begeester is met byeenkomste en saamtrekke in die naam van die Here.

Nou is dit Polokwane se beurt. Manne wat Glo sal te sien wees by die Taberna Dei Oos-kampus by Bekkerstraat 108, Faunapark op Woensdag 22 Oktober om 18:00 vir 18:30. Ingang is gratis, maar daar sal ‘n kollekte-opname wees en kos sal te koop aangebied word.

“Elkeen van ons bring iets na die tafel. Ons wil graag teruggee aan die mense,” sê Dewald van hulle komende vertoning.

Dewald is ‘n plaaslike sanger en is geliefd onder inwoners.

Die impak van sy CD, Verhaal van Glorie, het ‘n nasionale aanvraag vir ‘n nuwe vrystelling geskep. Hy beskryf homself as ‘n gewone man met ‘n roeping en deel graag die musiek in sy hart en vertrou dat die salwing van God lewens sal verander.

Dewald se hartsbegeerte is om deur sy CD en DVD, Stuur My, asook hierdie splinternuwe groep, Manne wat Glo, ‘n ontvanklikheid in mense se harte te skep sodat die Gees van God die nodige geestelike oortuiging kan doen.

Jan het 44 jaar gelede sy eer-ste gospel-opname gedoen en tree steeds voltyds in Suid-Afrika en oorsee op.

Deur die jare het hy bekendheid verwerf nie net as sanger nie, maar ook as predikant, komponis, skrywer, omroeper en kinderbedienaar.

Wilie skryf, sing en bedien en kan getuig van ons God van wonders.

Sy nuutste album, Ek Wil Jubel, spog met 17 nuwe lof en aanbiddingsliedjies wat hy geskryf het.

Leon het in 1992 sy eerste CD- opname gemaak nadat hy reeds twee jaar in voltydse bediening kruis en dwars oor Suid-Afrika gereis het. Sedert daardie opname het hy 13 musiekproduksies voltooi en sy nuutste album, Asemrowend, is in September 2013 vrygestel.

Hierdie vier mans span kragte saam om met ‘n sing saam lof-en-aanbiddings om elkeen wat dit hoor op te roep tot nuwe toewyding aan die Here met 10 splinternuwe komposisies uit hul penne en ‘n paar goue oues beloof hierdie album om regtig ‘n fees te wees vir elkeen wat glo.

Die mans sing ook elkeen van sy solo liedjies by die optrede en Jan sorg vir die kinders vir ‘n liedjies.

Moet hierdie aand nie mis nie. Jy kan jou CD laat teken deur al vier kunstenaars. Bring die hele gesin vir ‘n onvergeetlike uur of twee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button