Entoesiasme vir die SANBD

Sasol Bendor het die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ondersteun

Sasol Bendor het die Suid Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) verlede Donderdag ondersteun deur ‘n bloedskenk-kliniek op hul perseel aan te bied.

Volgens Dottie Pinn, skakelbeampte van die SANBD in Polo-kwane, het 26 skenkers hul deel gedoen en slegs twee mense moes weggewys word vir mediese redes.

“Sasol Bendor se personeel is vreeslik entoesiasties om ons te ondersteun en te help.

“Dit is aangenaam om daar ‘n kliniek aan te bied,” vertel Dottie.

Nare Betha (SANBS, kliniektoesighouer) neem Christopher Calitz se bloeddruk en toets sy bloedystervlakke voordat hy kan bloed skenk.
Suzan Thobakgale sê die naald het haar net effens seergemaak hiedie keer.
Dottie Pinn (SANBS, skakelbeampte) en Azél Potgieter (Sasol Bendor, bestuurder) tydens die bloedskenk-kliniek by Sasol Bendor.
Exit mobile version