Spaar water in jou tuin

HIER is 'n paar maniere hoe jy water in jou tuin kan spaar

HIER is ‘n paar maniere hoe jy water in jou tuin kan spaar:

• Hergebruik jou bad- en opwaswater deur dit op jou plante en grasperk uit te gooi.

Professionele gryswaterherwinningstelsels is ook op die mark beskikbaar.

• Maak jou tuin voor 10:00 of ná 17:00 nat en net wanneer dit nodig is of so aangedui word wanneer waterbeperkings ingestel is.

• Gooi ‘n deklaag oor blombeddings om onkruid te bekamp en vog langer in die grond te hou.

• Moenie jou gras korter as 4 cm sny nie omdat dit die diepte van die wortels verminder.

As jy kan, gebruik ‘n grassnyer wat die gras baie fyn sny en die grassnysels terug in die gras blaas.

• Gebruik ‘n tuinslang met ‘n snellerspuitkop wanneer jy jou motor was.

Jy kan tot 300 liter water op ‘n keer bespaar as jy jou motor met kort spuite water was.

• Die tuinslang waarmee jy jou tuin natmaak, moet ‘n selfsluittoestel soos ‘n snellerspuitkop hê.

Grasperke word gewoonlik te veel water gegee en gebruik tot vier keer meer water as ander plante.

• Gaan gereeld jou besproeiingstelsel na en hou dit in stand om te verseker dat jy nie water vermors nie of dat jy nie geplaveide oppervlaktes natmaak nie.

• Wanneer jy jou tuin minder gereeld maar dieper (langer) natmaak, moedig jy die wortelstelsel aan om dieper te groei.

Deur dit te doen, maak jy jou plante sterker. Hierdie praktyk kan die meeste gevestigde plante in waterwysplante omskep.

Exit mobile version