Engelse sibbe skitter in die kunste, in Afrikaans

DIE talentvolle Aicha (10) en Zino (8) Mengouchi het onlangs deelgeneem aan die Bosveld Kunstefees op Mokopane en baie goed gevaar.

DIE talentvolle Aicha (10) en Zino (8) Mengouchi het onlangs deelgeneem aan die Bosveld Kunstefees op Mokopane en baie goed gevaar.

Beide is leerders van Pepps Polokwane Preparatory School.

Die Bosveld Kunstefees is ‘n Afrikaanse kunstefees en het van 12 tot 17 Mei in Mokopane plaasgevind. Afrikaans is Aicha en Zino se tweede taal.

Aicha het een A++ en drie A+++-simbole behaal en Zino het een A++ en twee A+++-simbole behaal.

Beide leerders het deelgeneem in die kategorieë vir gedramatiseerde poësie nie-moedertaal, formele poësie en mimiek. Vir die mimiekkategorie het Alusha-Art hul gesigte geverf.

Aicha het ook deelgeneem in die monoloog-kategorie.

Vyf van dié broer- en susterspan se stukke is geskryf deur die bekende plaaslike skrywer van kinderliteratuur, René Annandale, en sy het hulle ook afgerig.

Volgends Annandale het Aicha en Zino albei hart en siel gewerp in hul items en hard geoefen.

“Dit was ‘n plesier om met hulle te werk omdat hulle so entoesiasties is oor die kunste,” het sy gesê.

Die kommentaar van een van die beoordelaars, At Strydom, was gunstig en hy het ook gemeld dat hierdie twee leerders uiters talentvol is.

Exit mobile version