Lekkerte vir almal

Die reuk van boerewors, sissend op die kole, en heerlike vars warm pannekoek het bygedra tot 'n heerlike dag by die N.G. Kerk-Renosterpoort se basaar op Saterdag 3 Mei.

POLOKWANE – Die reuk van boerewors, sissend op die kole, en heerlike vars warm pannekoek het bygedra tot ‘n heerlike dag by die N.G. Kerk-Renosterpoort se basaar op Saterdag 3 Mei.

Stalletjies het onder meer vetkoek asook verskillende tuisgebak- en naaldwerkitems te koop aangebied.

Volgens organiseerders was die basaargangers se gunstelinge beslis die geurige ontbyt, die pannekoekstalletjie en die stalletjies wat allerlei mooigoed verkoop het.

“Die hele ontbyt is heerlik, maar die boerewors wat daar agter braai is beslis die beste op die bord. Daar is net nie beter nie,” het Annemie Ohlenschlager, een van die basaargangers wat ook help braai het, vertel.

Die kinders het die hele dag besig gebly met ure se springpret op die springkasteel wat verskaf is.

Exit mobile version