Gesels-maters reël ‘n ontmoeting

Die Facebook groep, Pietersburg gesels, het Saterdag 'n braai gehou waartydens die mense wat deel is van die blad lekker kon saam kuier en mekaar nie net ontmoet nie, maar ook beter leer ken.

POLOKWANE – Die Facebook groep, Pietersburg gesels, het Saterdag ‘n braai gehou waartydens die mense wat deel is van die blad lekker kon saam kuier en mekaar nie net ontmoet nie, maar ook beter leer ken.

Die geleentheid is langs die swembad by Eeufeeshuis gehou waar die kinders heerlik in die water kon baljaar. Na die reën uitgesak het, het hulle na Lioney Cousins, oftewel “Babbel” soos almal haar ken, se huis verskuif. Elkeen moes sy eie vleis en drinkgoed bring terwyl die pap en sous verskaf was.

“Die braai was baie lekker. Die mense was aangenaam en ons het baie gelag. Ten spyte van die weer wat gemaak het dat ons na Lioney se huis toe moes skuif, was dit wonderlik gewees om nuwe mense te ontmoet in lewende lywe aangesien ons altyd net op Facebook gesels.

“Ons hoop om gou weer so te maak. Wat die lekkerste was is dat daar nie ‘n bakleiery was nie. Almal het met almal gesels,” vertel Nelia Nell.

Lionel Butler vertel hy het die braai net so geniet: “Al die ‘mal’ mense by een braai was van die boonste rakke gewees. En dan almal wat hand in gesit het om dit moontlik te maak se hulle is champs. Sal dit enige tyd weer bywoon en help waar ek kan”.

Exit mobile version