EntertainmentLifestyle

Handgeduntes Mark ‘n groot sukses

Inwoners van die stad het hulle verlustig in die kreatiwiteit van die uitstallers by die Handgeduntes Mark wat van Donderdag tot Saterdag by die NG Kerk-Noord aangebied is.

POLOKWANE – Inwoners van die stad het hulle verlustig in die kreatiwiteit van die uitstallers by die Handgeduntes Mark wat van Donderdag tot Saterdag by die NG Kerk-Noord aangebied is.

Alle produkte wat uitgestal en verkoop is, was met die hand gemaak. Peta-Ann Malan se vinnige vingers het veral aftrek van markgangers gekry. Sy het sketse van mense gemaak terwyl hulle gewag het.

“Dis ‘n wonderlike idee en dis lekker om ons goed te kan uitstal,” het Rentia Nell, wat ‘n stalletjie met klippe beman het en ook haar eie tuisgemaakte peri-peri en servethouers verkoop het, gesê.

Daar was ook skilderye, handgemaakte messe, konfyte, gebak, poppe en kussings te koop.

Plaaslike musikante het in die teetuin opgetree.

“Hier is ‘n wonderlike atmosfeer en ek hoop dit kan ‘n gereelde gebeurtenis word,” het Annetjie Vermeulen, een van die markgangers, gesê.

Ansie du Toit, organiseerder van die Handgeduntes Mark, het verduidelik dat van die winste vir die kerk gaan. “Byna al die uitstallers het belowe om ‘n bedrag aan die kerk te gee.”

Baie van die stalletjies is beman deur vrywilligers terwyl die eienaars en kunstenaars nog gewerk het.

“Dit is lekker om almal se handgemaakte produkte te sien, dit moet ‘n jaarlikse instelling word,” het Adri Vermaak gesê.

Related Articles

Back to top button