EntertainmentLifestyle

Radio Pretoria sal bly uitsaai

Radio Pretoria sal bly uitsaai na al sy herleistasies in die provinsie, ten spyte van 'n hooggeregshof-uitspraak laasweek.

Radio Pretoria sal bly uitsaai na al sy herleistasies in die provinsie, ten spyte van ‘n hooggeregshof-uitspraak laasweek.

Die radiostasie het die hof versoek om Okosa, die Onafhanklike Uitsaai-owerheid van Suid Afrika, se kennisgewing wat in Oktober 2012 uitgereik is om uitsendings vanaf sy plattelandse herleistasies te staak, tersyde te stel. Die regter, regter Neil Tuchten, het egter gesê dat daar geen wetlike gronde bestaan waarop die kennisgewing tersydegestel kan word nie en aan die hand gedoen dat Radio Pretoria so gou as moontlik aansoeke indien vir die afsonderlike lisensiëring van die herleistasies.

Die radiostasie se besturende direkteur, Willie Spies, sê die stasie sal so spoedig moontlik agt verskillende aansoeke by Okosa indien as deel van die stasie se proses om sy uitsaai-netwerk te bestendig. Hy sê die stasie sal bly uitsaai tot die finale uitsluitsel gekry is vanaf Okosa.

Herleistasies in die provinsie wat geraak word is dié in Polokwane, Tzaneen, Thabazimbi en Mookgophong asook vier ander herleistasies buite Limpopo. Die stasie se lisensievoorwaardes maak net voorsiening vir die uitsaai in en om Pretoria en op 104.2Mhz.

Tuchten het gesê dat Okosa se vereistes dat alle toerusting en fasiliteite in een munisipale area geleë moet wees, irrasioneeel voorkom en dat die saak se kern gaan om die reg tot die vryheid van uitdrukking en die reg van alle individue om hulle kultuur en taal te geniet en om kulturele verenigings te vorm en dat hy hoop dat Radio Pretoria en Okosa maniere kan vind om die herleistasies se bedryf te reguleer.

Spies het gesê die bevel raak nie die uitsending van Radio Pretoria in en om Pretoria op 104.2FM of op DSTV kanaal 887 en die internet nie.

 

Related Articles

Back to top button