School sportSport

PHS se sportspanne swaai septer ver en wyd

Leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) het die afgelope naweek op verskeie gebiede in sport presteer.

POLOKWANE – Dié skool se o/15- en o/17-sewesrugbyspanne het Saterdag by die Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane by die Limpopo Sewestoernooi onderskeidelik algeheel gewen en derde geëindig.

Die o/15-span het eerste in hul poel geëindig.

Uitslae:

• PHS 43-12 Louis Trichardt.

• PHS 72-0 Curro Heuwelkruin.

• PHS 21-12 Ben Viljoen.

• PHS 26-12 Hans Strijdom.

In die Beker-halfeindstryd kom PHS teen Hoërskool Merensky te staan. Die Plasies wen hierdie kragmeting nouliks met 26-20.

In die Plaatfinaal vir derde en vierde plekke kom PHS weer teen Hans Strijdom te staan en klop die gasheerskool se span met 45-17 om algeheel derde te eindig.

PHS se o/17-span het in sy poelwedstryde ‘n fees van drieë behaal, dis nou behalwe vir die span se eerste kragmeting teen aartsvyande van die Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen. PHS eindig tweede in sy poel.

Uitslae:

• Ben Vorster 26-0 PHS.

• PHS 41-5 Frans du Toit.

• PHS 50-5 Curro Heuwelkruin.

• PHS 33-10 Hans Strijdom.

In die Beker-halfeindstryd meet PHS teen Piet Potgieter kragte en beklink die wedstryd met ‘n 17-7 oorwinning om ‘n plek in die eindronde te verseker.

In die eindstryd verhang PHS die bordjies teen Ben Vorster deur hul met 19-5 te klop en sodoende Limpopo se o/17-sewesrugbykampioenskap te wen.

Die Pieties het op die krieketvelde ook die kolwe geroer en verskeie welslae Saterdag behaal.

PHS se meisieskrieketspan het Saterdag in hul wedstryd teen ‘n span van Mahwelereng gespeel en met 109 lopies gewen.

Die seuns o/15B-span, wat in die Limpopo se A-liga deelneem, seëvier in hierdie eindstryd teen Ellisras met 126 lopies. Die o/15A-span het teen Piet Potgieter se span sy wedstryd met 285 lopies gewen.

PHS se eerstespan speel teen Piet Potgieter en oorweldig hul teenstanders met ‘n wen van 397 lopies. ‘n Aantal fietsryers van PHS het ook Saterdag op Louis Trichardt tydens die Tour de Lip welslae behaal.

Uitslae:

• Amelia Goosen – derde plek (sub junior meisies).

• Bjorn Nel – agtste plek (sub junior seuns).

• JD Roos – negende plek (jeug seuns).

• Christiaan Theunissen – sewende plek (junior seuns).

• CG Grobbelaar – 10de plek (junior seuns).

• Wessel Vorster – 11de plek (junior seuns).

• Monique Pretorius – derde plek (junior meisies).

roelof@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button