Tommies ry Tour de Plaas

Die eerste Spur MTB skolefietsryligabyeenkoms, beter bekend as die Tour de Plaas, is Saterdag by Hoërskool Merensky gery.

POLOKWANE – Vyf fietsryers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het tydens dié uitdagende roete die wiele laat sing en het hulle staal moes wys met talle moeilike op- en afdraandes. Hulle het almal in hul verskeie ouderdomsgroepe die wedstryd voltooi.

Hul spanbestuurder, Harry Strauss, vertel hy is trots op die span en hul prestasie.

“Hulle behaal ongelukkig nie die podium nie, maar word elk beloon met ‘n medalje vir deelname.

“Ons is trots op hul prestasies en die uithouvermoë wat hulle gehad het.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version