School sportSport

PLS gimnaste presteer in Junie-kampioenskappe

Laerskool Pietersburg (PLS) se gimnaste het gedurende twee kompetisies dié skool se naam hoog gehou.

POLOKWANE – Party van die skool se gimnaste is by Gymstars ingeskryf en hulle het saam met die klub aan die Wierda Klubkompetisie in Mei deelgneem.

Chandré en Dominique Faul, Monica Harmse en Durandt Boshoff het almal goud verdien in hul onderskeie vlakke terwyl vier van hul medeleerders in Junie aan die gimnastiekkampioenskappe in Modimolle deelgeneem het. Die vier wat in Modimolle gaan deelneem het was Reuchardt Snyman wat ‘n goue medalje en sy Limpopokleure verwerf het asook Lee-Anche Snyman, Biyanique Erwee en Lejane Bredenkamp wat elk ‘n silwer medalje opgeraap het.

Die PLS-gimnaste wat deel is van Gymstars spog met puik prestasies. Hulle is Chandré Faul, Monica Harmse, Dominique Faul en Durandt Boshoff.

Hierdie leerders is dit eens dat hulle baie van dié sportsoort hou en bedank hulle families en afrigters vir hulle ondersteuning.

Lee-Anche sê sy hou die meeste van die balk en brug terwyl Lejane meer van die hoepel hou.

riana@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button