Noordskool o/12-Limpopowenners

Laerskool Pietersburg Noord-Primary se netbalmeisies spog na 'n uitdagende seisoen met die o/12-Limpopo netballigatitel.

POLOKWANE – Die finale wedstryde is verlede week op die bane van Hoërskool Pietersburg in verskeie wedstryde gespeel.

Na ‘n paar harde wedstryde is die o/12-span van Noordskool uiteindelik as die Limpopowenners gekroon.

Noordskool se o/11-netbalspan en hul afrigters, Soekie Joubert en Janda Mazzaro spog met ‘n tweede plek in die Limpopo netballiga.

Die afrigter van die span, Elmare Wolmerans vertel dat sy baie trots is op die spelers, omdat hulle ondanks strawwe kompetisie baie goed gevaar het en nooit moed opgegee het in die seisoen nie.

Die o/11-A netbalspan het ook nie die koppe laat hang na hulle as die tweede beste span in die liga aangewys is nie.

Die afrigter van die span, Soekie Joubert vertel dat die meisies hard gewerk het en baie vordering deur die seisoen getoon het en ook baie spangees getoon het.

Die span het net met een punt verloor en dit bewys dat al hulle harde werk beloon is, het sy bygevoeg.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version