School sportSport

Sit die bal aan die rol

Wanneer Hoërskool Piet Potgieter en Hoërskool Hans Strijdom se sportspanne elke jaar kragte meet is dit naelbyt-oomblikke totdat die eindfluitjie blaas.

MOKOPANE – Vanjaar word die wedstryde op die Hansies se velde op Mookgophong gespeel en al die spanne sien uit na goeie gesonde kompetisie.

George Klopper, Skoolhoof van die Hansies, wens die spanne sterkte toe en sê dit is elke jaar lekker om teen Piet Pot op die sportveld mee te ding. Jimmy Steele, hoof van Piet Pot, sê hy sien uit na die wedstryde en glo goeie sportmangees sal seëvier en dat die beste spanne sal wen.

Die eerste wedstryd skop om 08:00 af wanneer die o/15 A-rugbyspan op die hoofveld uitdraf en die o/14 A-span op die B-veld. Daarna volg die tweede spanne en die 0/16 A-span voordat die hoofwedstryd tussen die eerstes om, 11:30 begin.

Die o/16 A-hokkiespan begin ook om 08:00 op die hokkie A-veld, terwyl die o/15A-span op die B-veld kragte meet. Die eerstespanne speel daarna om 09:00, gevolg deur die tweedespanne op die A-veld en die o/14-span op die B-veld.

Toegang is R20 per voertuig en leerders in skooldrag kan die dag verniet bywoon.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button