School sportSport

PHS-skut in die kol

Jean-Mari Mostert (16) van Hoërskool Pietersburg, het 'n week gelede aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Binneshuise Boogskietkampioenskappe in Pretoria-Noord deelgeneem.

POLOKWANE – Sy het ‘n telling van 298 uit 300 behaal.

Sy verwerf haar goue medalje, asook haar Noord-Gauteng kleure, asook haar nasionale kleure. Dis die tweede jaar dat Jean-Mari aangewys is as ‘n Suid- Afrikaanse kampioen in die junior vroue boogskietkategorie in die ouderdomsgroep 13 tot 17 jaar. Sy skiet al vir haar vierde jaar en hou van die sport omdat dit iets is wat sy baie geniet en baie verskil van die gewone sportsoorte.

Haar ma Linette, vertel dat Jean-Mari eers kennis met dié sportsoort gemaak het by ‘n skool opedag en van daar het haar liefde daarvoor gegroei.

“My raad aan ouers sal wees dat ‘n sport soos boogskiet baie duur is, en dat deelnemers aan dié sport eerder moet begin met ‘n tweedehandse boog, tot hulle seker is van die sport en daarna kan hulle ‘n nuwe boog koop.

riana@nmgroup.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button