School sportSport

PHS dra T20-kroon

Pietersburg Hoërskool (PHS) se eerste krieket span was algehele T20 wenners gekroon.

POLOKWANE – Die onlangse T20 krieketfinaal het gesorg vir naelbyt, op die punt van jou stoel, krieket-aksie.

Hoërskool Pietersburg (PHS) het hul skool se naam hoog gehou en breëbors van die veld gestap nadat hulle hul wedstryde gewen het en ook as die algehele T20 wenners uit die stryd getree het.

Ivan Reynecke van PHS maak 13 lopies van net 10 balle teen Ben Voster.

Die toernooi het verlede jaar in Oktober afgeslaan en die nasionale finaal is geskeduleer vir vandeesmaand.

Wedstryduitslae sedert Oktober:

• PHS klop Mitchell House met nege paaltjies.

• PHS klop Curro Northern Academy met 169 lopies.

• PHS klop Bochum Cricket Club met 174 lopies.

• PHS klop Mahwelereng Cricket Club met een lopie.

• PHS klop Stanford Lake College met 79 lopies.

• PHS wen die semi-finaal teen Hoërskool Merensky met 25 lopies.

• PHS wen die finaal teen Hoërskool Ben Vorster met 54 lopies.

PHS se eerstespan het teen die span van Hoërskool Ben Vorster op die Polokwane Krieketklub se veld te staan gekom. Hulle het die loot veloor het en is ingestuur om eerste te kolf. In hulle 20 boulbeurte het hulle 141 lopies vir ses paaltjies aangeteken.

Die veldwerker van Hoërskool Ben Vorster stop die bal kort voor die grenslyn. Inlas links: James Mudiba en Ruan Steenkamp van Hoërskool Ben Vorster wys hul deursettingsvermoë om lopies te verhoed. Inlas regs: Glen Groenewald van PHS se oog is ingestel en hy maak skoonskip van Ben Vorster se boulers.

PHS se top kolwers was Glen Groenewald (52 lopies van 44 balle), Sias Willemse (24 lopies van 26 balle), Louis Nel (18 lopies van 18 balle), Ivan Reynekce (13 lopies van 10 balle) en Corné Craig (12 lopies van 11 balle).

Bowler Franco Oberholzer van Hoërskool Ben Voster in aksie teen PHS in die T20 finaal.

Ben Vorster kon in hul 20 boulbeurt slegs 89 lopies aanteken vir nege paaltjies.

Die dag se top boulers was Corné Craig (vier paaltjies van 12 balle), Wian Kruger (vier paaltjies van 20 balle), Louis Nel (vier paaltjies van 18 balle), Driaan Kruger (drie paaltjies van 12 balle) en Ivan Reynecke (een paaltjie van nege balle). PHS wen die wedstryd met 54 lopies.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button