School sportSport

Top skole presteer by Janus Robberts byeenkoms

Leerders van sewe skole het op Vrydag, 3 Februarie aan die Janus Robberts atletiekbyeenkoms deelgeneem.

POLOKWANE – Die byeenkoms is op die skoolveld van Hoërskool Pietersburg gehou.

Dit is die tweede jaar dat die skool dié geleentheid aanbied. PHS se jaarlikse atletiekbyeenkoms, wat altyd die eerste Vrydag van Februarie aangebied word, word vanaf 2016 nuutgedoop as die ‘Janus Robberts Uitnodigingsbyeenkoms’.

Die byeenkoms is vernoem na die oud-Pietie wat na sy skoolloopbaan uitstekend in atletiek gevaar het en nie net die skool nie, maar ook die land se naam, hoog gehou het by die Olimpiese Spele.

Hy het vanaf 1996 die Afrika-rekord verskeie kere gehou vir gewigstoot.

Vanaf 1998 tot 2000 was hy die rekordhouer in beide gewigstoot en diskus.

Janus het al silwer (2002) en goud (2006) by die Statebondspele verwerf en was in 2000 sewende by die Olimpiese Spele.

Daar is aan 138 items op die atletiekdag deelgeneem.

Skole wat op die dag deelgeneem het aan die byeenkoms was:

Hoërskool Ellisras

Hoërskool Ben Viljoen

Hoërskool Ben Vorster

Hoërskool Northern Academy

Hoërskool Tom Naudé

Hoërskool Frans du Toit

Hoërskool Hans Strijdom

Hoërskool Pietersburg

Uitslae:

• PHS wen 56 items

• Ben Vorster wen 33 items

• Ellisras wen 18 items

• Hans Strijdom wen 11 items

• Ben Viljoen wen 10 items

• Frans du Toit wen ses items

• Tom Naudé wen ses items

• Northern Academy wen een item.

riana@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button