School sportSport

Kruinies o/13 hokkiespan spog met twee titels

“Ons is baie trots op die span. Hulle hou Kruinies se naam hoog” - uitvoerende Hoof, Eben Lingenfelder

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se 0/13-seunshokkiespan het rede om te vier na hulle as ligawenners én provinsiale wenners aangekondig is.

Die span het gelykop gespeel teen Oosskool met twee punte elk maar het in hul wedstryd teen Louis Trichardt as wenspan uitgetree met ‘n telling van 5-1.

Gedurende die provinsiale semi-finaal op 17 September in Tzaneen, het die Kruinies en Hoërskool Mariepskop gelykop gespeel met een doel elk maar wen hulle uiteindelik die wedstryd 3-2 met strafdoele.

Die finaal teen Groblersdal Academy was ‘n tawwe kragmeting en beide spanne het elk een doel aangeteken voor die eind-fluitjie geblaas het. Die Kruinies wen toe die wedstryd na hulle twee doele aanteken waar Groblersdal net een kon in kry met strafdoele.

Dié span sal aan die Champ of Champs kampioenskappe deelneem wat van 30 September tot 10 Oktober in Potchefstroom plaasvind.

“Ons is baie trots op die span. Hulle hou Kruinies se naam hoog,” vertel die skool se uitvoerende Hoof, Eben Lingenfelder.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button