School sportSport

Kruinies kraai koning tydens Beeldtrofee

Curro Heuwelkruin se eersterugbyspan het in die Virseker Beeldtrofee se finaal teen Hoƫrskool Koster te staan gekom.

POLOKWANE – Curro HeuwelkrionĀ val onder die kleinskolekategorie.

Na ‘n spannende 80 minute het Kruinies weggestap met ‘n telling van 62-18.

Om die Virseker Beeldtrofee te wen is vir enige skolerugbyspan ‘n droom.

Teen halftyd het hulle reeds met 29-13 voorgeloop.

Mauritz Pretorius het ‘n driekuns behaal en twee van Heuwelkruin se 10 drieĆ« aangeteken.

Nichardt van Niekerk en Divan Gerber het albei twee drieƫ gedruk. DiƩ was Hoƫrskool Koster se eerste nederlaag in die seisoen en Heuwelkruin het slegs teen Ben Vorster se tweedespan verloor.

Hierdie was die tweede keer dat Heuwelkruin se span in die Beeldtrofeefinaal te staan gekom het en hulle het in 2014 teen Schweizer-Reineke gewen in die o/16-afdeling. Die span se reis na die finaal het op 13 Augustus begin toe hulle teen Morgenzon Landbou Akademie gespeel het en 64-12 gewen het.

In hul stryd om die Beeldtrofee te verower het hulle net een wedstryd verloor.

Curro Heuwelkruin se Skoolhoof en spanafrigter, Eben Lingenfelder, sĆŖ: “Die lekkerste was om te sien hoe die span as ‘n eenheid funksioneer. Nie een speler het sy eie belang bo die span gestel nie”.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button