Polokwane-skole mik hoog en gooi raak in die Limpopo Jukskeiliga

Verskeie skole reg rondom Limpopo speel uit tydens die Limpopo Skole Jukskeiliga.

POLOKWANE – Die Limpopo Skole Jukskeiliga het op Saterdag, 27 Augustus by die Polokwane Jukskeibane plaasgevind waar talle skole teen mekaar gespeel het om as die skool met die beste Jukskei spelers gekroon te word.

‘n Paar Polokwane-skole het naam gemaak in die kompetisie:

• Oosskool het ‘n tweede plek in die seuns o/13A-vlak behaal, ‘n eerste plek in die o/13B-en C-vlak asook in die dogters o/13A-vlak en ‘n tweede plek in die o/13- gemengde vlak wat die skool ‘n gesamentlike tweede plek verdien het.

• Laerskool Pietersburg het ‘n tweede plek in die seuns o/13B-en C-vlakke behaal en ‘n derde plek in die dogters o/13A-vlak wat die skool ‘n gesamentlike sesde plek behaal het.

• Hoërskool Pietersburg (PHS) het ‘n tweede plek in die o/16A-vlak behaal, ‘n eerste plek in die dogters o/16-vlak en ‘n derde plek in die dogters o/19A-vlak wat die skool ‘n gesamentlike derde plek verdien het.

• Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het ‘n eerste plek in die seuns o/19A-vlak gekry, wat die skool ‘n gesamentlike vierde plek verdien het.

calvyn@nmgroup.co.za

Exit mobile version