School sportSport

Tommie Tiere op toer

Die eerste rugbyspan van Hoërskool Tom Naudé is oppad na Margate waar hulle gaan kragte meet teen verskeie skole.

POLOKWANE  – Die span het op Maandag, 28 Maart by die skool bymekaar gekom waar hulle hulself in die koshuis ingerig het voor hulle hul laaste oefening kon inkry.

https://twitter.com/MarethaTonks/status/714431385365266432

Hul eerste wedstryd word op Woensdag, 30 Maart om 15:20 teen Hoërskool Wolmeranstad gespeel.

Ander skole wat gaan deelneem is: Hoërskool De Vos Malan, Hoërskool Dr. Malan, Grantleigh College, Hoërskool Harrismith, Hoërskool Jan Viljoen, Hoërskool Schoonspruit, Hoërskool Reitz en Hoërskool Midrand.

Die wedstryde vind oor drie dae plaas en die finale word op Vrydag 2 April om 11:30 gespeel.

 

Lees meer:

Tommies 1st team raise funds for rugby tour

[VIDEO] Who are we? Champions

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button