School sportSport

Afrigters praat sport voor die Intervarsity

Die BB Motor Group Bosveld Intervarsity Beker keer na 12 jaar weer terug.

POLOKWANE – Die geskiedkundige gebeurtenis vind plaas op 21 Mei by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé waar hulle teen Hoërskool Pietersburg te staan gaan kom.

Loop jy op die sportveld en selfs tussen die klasse van beide skole hoor jy reeds hoe leerders hulle gunstelinge het en plek maak vir die beker by hul individuele skole.

Die afrigters is egter bietjie meer realisties toe Review met hulle oor die aangeleentheid gesels.

Kobus de Meyer, een van die afrigters van Tom Naudé se eersterugbyspan.
Kobus de Meyer, een van die afrigters van Tom Naudé se eersterugbyspan.

Kobus de Meyer wat saam met AB Heyns die eerstespan van Tom Naudé afrig, vertel dat op papier PHS die gewildste is, maar dat Tom Naudé nie onderskat moet word nie. “Hulle gaan dit nie maklik hê nie, ons gaan nie terugstaan nie. Helde kan ook val.”

Freek Romijn, Hoofafrigter van PHS se eersterugbyspan. Foto's: Verskaf
Freek Romijn, Hoofafrigter van PHS se eersterugbyspan. Foto’s: Verskaf

PHS se Hoofafrigter, Freek Romijn, sê die belangrikste is dat die leerders die wedstryde geniet. “Hulle moet net gaan en dit geniet. Wen is ook belangrik, maar hulle moet veral die wedstryde geniet.”

Die telling wat tans in almal se koppe vassteek is die telling van die laaste wedstryd wat op PHS se veld plaasgevind het, waar PHS gewen het met 38-6.

“Ons het ‘n sterk span, so PHS sal moet uithaal en wys,” sê De Meyer.

maretha@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button