Hokkiekliniek by Heuwelkruin

Slegs 'n dag nadat die skool vir die leerders van Curro Heuwelkruin begin het, is daar 'n hokkiekliniek aangebied vir o/14-seuns en o/15-meisieshokkiespelers.

POLOKWANE – Slegs ‘n dag nadat die skool vir die leerders van Curro Heuwelkruin begin het, is daar ‘n hokkiekliniek aangebied vir o/14-seuns en o/15-meisieshokkiespelers.

Die kliniek is aangebied deur Nedstar Hockey South Africa op Woensdag, 22 Julie op die skool se astroturfhokkiebaan. Die skool het die kliniek gereël aangesien die o/14-seuns volgende naweek in die Noordvaal finaal gaan speel en die meisies het die afgelope naweek in die kwarteindstryd vir die Noordvaal finaal gespeel. Omari Pienaar, oud-kaptein van Tuks se eerstehokkiespan en hoofafrigter by Nedstar Hockey, was aan die hoof van die hokkiekliniek en het die leerders meer geleer as net tegniek.

“Ons leer hulle ook hoe om hul stokke reg vas te hou en gebruik die regte benaming van aksies en tegnieke,” vertel sy.

Die leerders het ook na video-opnames gekyk en dit saam met die afrigters bespreek.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
Exit mobile version